Welkom by die Nederduits Hervormde Kerk Krugersdorp-Oos waar Waar harte in genade klop
Sedert ons stigting op 6 November 1954, is die Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika – Krugersdorp-Oos ‘n geestelike tuiste vir gesinne, jongmense en almal wat soek na ‘n intieme verhouding met God. Geleë in die hart van Krugersdorp (Gerrit Maritzstraat, Monument), bedien ons die gemeenskap al meer as 70 jaar met Woord en daad – nie net as ‘n plek om kerk te hou nie, maar as ‘n hospitaal vir sondaars, waar genade leef en liefde dien.

Eredienste
Hartlik welkom op die webtuiste van ons gemeente! Hier vind u al die inligting oor ons gemeenskap, bedieninge, aktiwiteite en hoe u betrokke kan raak. Ons is ‘n geloofsfamilie wat saam God dien, mekaar ondersteun en die evangelie van Jesus Christus met die wêreld deel.



Eredienste (in die kerkgebou): 09:00
Digitale Eredienste (aanlyn): 09:00
Kategese: 10:00–10:45 (Elke Sondag, behalwe langnaweke en skoolvakansies)
